ait

‘n Franse oor-, neus- en keel-spesialis, Dr Guy Bérard, het begin agterkom dat hy besig was om doof te word. In sy soeke om sy eie progressiewe doofheid to stuit het hy ‘n behandeling ontwerp waar elektronies gemodeuleerde musiek gebruik word om die gehoorsisteem en luister-meganisme weer na optimale funksie to herstel. Deur hierdie behandeling is dit moontlik om die struikelblokke in die weg na goeie ouditiewe prosessering to verwyder.

Die behandeling wat hy ontwerp het staan bekend as Ouditiewe Integrasie Opleiding of “AIT”, en resorteer as ‘n behandeling onder Sensoriese Integrasie Tegnieke. Deur middel van AIT het Dr Bérard sy eie progressiewe doofheid gestuit en selfs gehoor herwin, wat hy vandag, meer as 30 jaar later, steeds behou het.

Die elektroniese apparaat wat hy ontwerp het in Frankryk, staan bekend as ‘n “Audiokinetron”. Hierdie apparaat veroorsaak distorsies van ‘n musieksein wat deur die apparaat gestuur word. Dit word gedoen deurdat daar vinnige en onvoorspelbare sarsies hoë en lae frekwensie seine in die musiek ingevoer word deur die Audiokinetron.

Hierdie gemodifiseerde, hoë energie, puls-klanke word aan die luisteraar gespeel deur hoë kwaliteit oorfone, vir 20 halfuur sessies. Navorsing en ervaring het bevestig dat die gehoor-meganisme sigself op ‘n semi-permanente basis aanpas, sodate dit ‘n meer effektiewe herleier van ouditiewe inligting word.

Dr Bérard self vergelyk die effek van die elektroniese modulasie met ‘n tipe van fisio-terapie van die gehoormeganisme – ‘n tipe van ‘n “aerobic work-out”. Die behandeling begin teen ‘n medium luidheidsvlak, soos ‘n matige-pas aerobiese sessie, maar die intensiteit verskerp geleidelik totdat ‘n optimale “oefeningsvlak” bereik word. Dié vlak word daarna vir die oorblywende sessies gehandhaaf.

Tekens van Verandering:

Gedurende AIT is daar soms tekens van gedragsverandering wat toegeskryf kan word aan moegheid en die persone se reaksie op veranderinge in hulle perseptuele velde. Moegheid kom heel dikwels voor, soms hoofpyne, en partykeer ‘n verandering in slaap en eetpatrone. Partykeer is daar ‘n sarsie opvlieënde en weerstandige gedrag, en enkele kere is daar gevind dat sommige kinders regressie na vroeëre gedragstadia toon. Hierdie veranderings is almal egter tydelike en verdwyn ná die behandelingsperiode.

Wat verblydend en bemoedigend is, is dat die gedragsverandering verwelkom moet word as tekens van ‘n positiewe en blywende verandering in die werking van die ouditiewe prosesserings-meganisme. Hierdie aanpassing lui ‘n periode in waar daar ‘n impak is op die kind/volwassene se gedrag/leer is wat oor die daarop volgende drie tot ses maande plaasvind. Die verandering is dikwels stadig en onopvallend, maar seker; soms is die verandering dramaties! Dit is belangrik om daarop te let dat die verandering en verbetering volgehou word.

Hoe om die veranderinge to boekstaaf?

Daar word ‘n Bérard luistertoets (AIT praktisyn) of ‘n oudiogram (oudioloog) gedoen vóór, gedurende en ná AIT. Hierdie toetse boekstaaf in grafiekform watter verandering in die prosesering van suiwer tone plaasvind. Daar is dikwels ‘n wegkwyning van skerp pieke/dale in die grafiek, beduidend van meer “normale” en beter ouditiewe prossering na vyf tot tien dae. Dié proses word gewoonlik volgehou vir drie tot ses maande ná die AIT-behandeling, soos gemeet in opvolg tuistertoetse/oudiogramme. Ouers/Familie word ook soms gevra om ‘n Connors Vraelys, ‘n Fischer’s Ouditiewe Probleme Vraelys of ‘n Afwykende Gegragsvraelys in te vul. Ander objektiewe toetse wat al in navorsingsituasies toegepas is, is EEG’s, breinstam metings en PET skanderings. Sommige persone het ook positiewe veranderinge in unien-peptiede analises getoon. Ouer- en professionele verslae van verbeterde vordering, alhoewel nie objektief kwantifiseerbaar nie, is ook waardevolle bronne om die waarde van die behandeling te boekstaaf.

Wat die “Audiokinetron” / “Earducator” doen?

Daar is verskeie teorieë waarom AIT so effektief is. Hier volg ‘n meer gedetaileerde verduideliking van hoe die apparaat sy werk doen.

Die modulasie van die musiek wat deur die apparaat gespeel word, word gedoen deur middel van ‘n sisteem van filters, wat reageer op ‘n program in die apparaat en wat ook reageer op sekere aspekte in die musiek, vandaar die eienskap dat die gekose musiek sterk-ritmies moet wees. Die sleutel-eienskap van die apparaat is eger dié apparaat se vermoë om op ‘n onvoorspelbare (“random”) wyse tussen hoë/lae frekwensies oor te skakel vir ‘n volle halfuur. Meer as enige ander faktor skyn dít die wese van ouditiewe integrsie-opleiding te wees.

Die onvoorspelbare seinafwisseling gebeur sonder dat daar ‘n pattroon gevestig word en die brein kan dus nie die volgende hoë/lae sein antisipeer nie. Dehalwe kan die brein nie die ouditiewe sein “blokkeer” nie.

Blik op twee van die vele Teorieë oor waarom O.I.O. werk en ‘n opsomming navorsing: 1993-1995
(Verdere navorsingsversale beskikbaar op navraag by Synapse Africa Neuro-Nutritional Clinic)

1. A.I.T. – ‘n loods-studie
Dr Bernard Rimland en Stephen M Edelson
AUTISM RESEARCH INSTITUTE – San Diego
Journal of Autism and Developmental Disorders, 1995, 25,61-70

Hierdie studie het ‘n blinde-plasebo eksperimentele ontwerp gebruik. Agt persone in die navorsingsgroep het A.I.T. ontvang en nege het ‘n plasebo (nie A.I.T.-musiek) ontvang. Drie maande ná die behandeling was daar ‘n statisties – beduidende verbetering in gedrag en ouditiewe probleme van die toetsgroep. Geen veranderings in klank-sensitiwiteit in die oudiogram van die persone is gevind, alhoewel die meerderheid van die toetspersone nie aangemeld is vir klanksensitiwiteit nie; die meerderheid was ook oudiometries ontoetsbaar as gevolg van hulle outisme.

2. Die Effek van A.I.T. in Outisme
Bernard Rimland en Stephen M Edelson
AUTISM RESEARCH INSTITUTE – San Diego
American Journal of Speech-Language Pathology, 1994,5, 16-24

Hierdie studie was ‘n oop-kliniese navorsingsontwerp met etlike ingeboude kontroles. Daar was 445 outistiese toetspersone in die studie, tussen ouderdomme vier tot een-en veertig jaar. ‘n Statisties-beduidende afname in klanksinsensitiwiteit is gevind, bebaseer op die aanbieding van suiwer-toon ouditmetrie vóór en onmiddelik ná die A.I.T. – behandelings. Ontleiding van die oudiogramme wat voor die behandeling gedoen is en daarna weer ná vyf ure en ná tien ure van luistertyd, het aangetoon dat gehoor ietwat verbeter het en dat die mate van wisseling in prosessering tussen frekwensies op die oudiogram afgeneem het. Toetspersone is op ‘n willekeurige basis toewys aan verskillende filters (filters vir ouditiewe pieke, geen filters, filter van pynlike frekwensies). Laasenoemde het egter nie ‘n beduidende of noemenswaardig verskil in die uitkomste van die A.I.T. teweeg bebring nie.

Ouers wie se kinders aan die navorsing deelgeneem het, het verskeie verskillende vraelyste op ‘n maandelikse basis voltooi oor ‘n periode van nege maande. Die volgende vraelyste is ingevul:
Afwykende Gedragsvraelys (ABC); Connor’s Ouer Evalueringslys (C.P.R.S.); en die Fischer’s Probleme Vraelys (F.A.P.C.)

Op al bg. skale was daar ‘n beduidende afname in probleemgedrag wat begin wys het ongeveer een maand ná A.I.T. Hierdie statisties-beduidende afname was konstant oor die volle nege maande van die studie se post-A.I.T. evalueringsperiode.

Toetspersone is willekeurig aan een van drie verkillende A.I.T. tipes apparate toegewys. Geen verskille in die graad van verbetering was onderskeibaar tussen die die apparate nie.
Korrelasie-analises is gedoen om te probeer bepaal wie meer sou baat by A.I.T. Slegs twee statistiese beduidende verhoudings is geïdentifiseer. Laag funksionerende individue het die grootste verbetering na A.I.T. getoon (A.B.C.) en (P.R.C.)

Geen beduidende verhouding is gevind tussen gedragsverbetering en ouderdom, graad van klanksensitiwiteit of hoeveelheid wisseling tussen frekwensies in die pre-A.I.T. oudiogram.
Vir verder inligting oor AIT skakel 011-763-8404 of skryf aan Die Instituut vir die Verryking van Leerpotensiaal, Suite 337, Postnet Hillfox, Privaatsak X09, Weltevreden Park, 1715, Gauteng, Republiek van Suid Afrika.

Veranderinge in Eensydige en Bilaterale klanksensitiwiteit na A.I.T.
A.I.T. D. Woodward
Woodward Audiology, McLeansville, N.C.
The Sound Connection, 1994, 2, p4

Verdraagsaamheid van luidheid van klank is ondersoek in 60 kinders met outisme en aanverwante afwykings. Ongemaklike Luidheidsvlakke (O.L.V.) is getoets vóór en onmiddelik ná A.I.T. Voor A.I.T. was die resultate van aanbiedings aan een oor op ‘n slag (elke oor onafhanklik van die ander) sowel as twee-orige aanbiedings (aanbieding aan beide ore gelyktydig) veel laer as 90dBHTL, waar 90dBHTL die normale laer afsnypunt is vir ongemaklike Luidheidsvlakke.